b

Teen dié tyd het ons nou al almal van Bitcoin gehoor, oor hoe dit die geld van die toekoms is, en oor hoe dit die beste ding is sedert braaivleis.

Maar wat het dit rerig met die prys van eiers te doen? Baie, eintlik.

Geld is die vermoë om vir jouself goedere en dienste te koop. Banke beheer die skepping en verspreiding van geld, regoor die wêreld.

Dis verstaanbaar om te dink dat banke ‘n veilige hawe vir jou geld sal wees. Maar ongelukkig is dit nie so nie. Banke gebruik jou geld om meer geld vir hulself te skep. Hulle doen dit deur “nuwe geld” bloot te druk, en daardie “nuwe geld” as skuld te verhuur aan kliënte. Die skuld moet met rente “terugbetaal” word aan die bank. Rente self is net nog ekstra “nuwe geld” wat uit niks gemaak word, net soos die lening self. Dis ‘n klug, van begin tot einde.

Die “meer geld” het geen bestaanreg nie, want dit was uit niks geskep. Al manier hoe die geld dan kan bestaan, is as ou geld wat reeds bestaan, se waarde verminder, om op te maak vir die “nuwe geld” wat bygekom het. Dit word inflasie gemoem. Lenings veroorsaak dus inflasie. Inflasie is die tempo waarteen jou geld waarde verloor, omdat banke geld maak uit die niet. Banke steel die waarde van jou geld.

Die bogenoemde proses, is hoekom banke jou beheer.

Wat kan jy doen om jou vryheid te herwin?

Die antwoord is Around Beursie Dienste (Around Wallet Services).

Met Around Beursie Dienste kan jy jou Bitcoin geld oordra aan enigiemand anders, of aan jouself, en jy hoef nie eers te weet wat ‘n Bitcoin eens is nie!

Maak met gemak ‘n direkte Bitcoin Adres-na-Adres oor betaling, sonder om eers ‘n Bitcoin beursie hoef aanlyn oop te maak.

Dis nie eers nodig om aan te teken op die webwerf, of om ‘n wagwoord te hê nie. Voer net jou Bitcoin besonderhede in, klik die oordrag-knoppie, en jy’s klaar.

Alle data en kommunikasie wat in Around Beursie Dienste gebruik word, word beveilig met industrie-standaard enkripsie.

Die Around Beursie Dienste bedieners maak gebruik van betroubare oop-bron tegnologie, en is opgestel om enige aanval, elektronies of andersins, te weerstaan.

Geen spore, rekords of log-inskrywings word nagelaat deur Around Beursie Dienste nie, en jou inligting word ook nooit gestoor nie. Daar sal dus nooit ‘n vingerwysing na jou toe kan wees, dat jy Around Beursie Dienste gebuik het nie.

Jou transkasies kan slegs deur jou, en deur jou alleen, gestuur word, omdat Bitcoin transaksies digitaal onderteken moet word met jou handtekening. Slegs jy besit die privaatsleutel wat nodig is om jou transkasie te onderteken, en om jou Bitcoin transaksies te mag stuur. Around Beursie Dienste sal jou transaksies namens jou onderteken, sodat jy met gemoedsrus Bitcoin kan stuur aan jouself, jou vriende en aan  jou familie.

Web-skakel:
https://around.ws/af/bitcoin/a2/